JOIN OUR MAILING LIST


Vandag is my wind uitgeslaan
Soos �n vuishou vol in die maag
Moet sê ekt jou nie sien kom nie
�n Wolf in skaapklere

Ek was total onvoorbereid
My verdedigingsmuur eintlik al afgebreek
Hierdie berg is mos in die see gewerp
Of was dit?

Was die stres toe so erg?
Dat niks, niks geword het
En nou, sonder die stres
staan niks weer voor my deur?

Dit is niks in vergelyking met pa se kankerstryd
My stryd met pa se kanker
Ek was hard met myself
Elke keer as ek gefaal het

Vandag weer, ek was hard met myself
Hoe kon ek dat niks my raak?
Trane van teleurstelling
Ek is kwaad; hoe kon ek?

Die duiwel loop rond soos �n brullende leeu
Dit weet ek goed
En tog, tog vergeet ek soms
Sien ek jou nie raak

Ek moet my denke hernu,
vul met wat God van my sê
Dan sal niks� niks wees
Die ou ek, irrelevant

Vandag is my wind uitgeslaan
My oë oopgemaak
Niks weer voor my deur
Net die keer sien ek deur jou

Here gaan my nie verby
Ek kom skuil by U
Lei my na waters waar rus is
Waar niks� niks is.

Alle regte voorbehou

Back