JOIN OUR MAILING LIST


Partykeer arriveer jy by �n nuwe bestemming
Sonder dat jy regtig weet jy het al aangekom

Jy sien die besoedelde lug
Maar in jou gedagtes is jy nog op die oop pad

Ek verstik in die rook
Maar dink ekt seker verkeerd gesluk

�n Nuwe bestemming
Eintlik �n ou bekende

Net �n nuwe baadjie aangetrek
Tog dieselfde vak, net op �n hoër graad

Ek voel my hart, gekneus
Terwyl my denke apart funksioneer

Ek is eintlik lankal by my nuwe bestemming
Het vandag dit eers agtergekom

Weer terug op die punt van die tou?
Net die keer� �n ander tou

Die tou het ook �n knoop op die punt
Onthou!

Alle regte voorbehou

Back