JOIN OUR MAILING LIST |
God het Lewe in ons geblaas
En met elke asemteug
Is ons onherroeplik aan Hom verbind
Asem in Yah
Asem uit Weh
Yah-weh, Yah-weh
Asem in, asem uit
Kyk na Sy skepping
Ek bedoel, regtig kyk!
Elke sonsopkoms
Skoenlappers, fyn en delikaat
Hoor die wind in die blare ritsel
Asem in Yah
Asem uit Weh
Yah-weh, Yah-weh
Asem in, asem uit
Laat toe dat die wonder van Sy skepping
jou deurdrenk en al die slegte verban
Voel die sonlig op jou vel
Kyk na die lelies in die veld
Hoor die reëndruppels op die dak
Asem in Yah
Asem uit Weh
Yah-weh, Yah-weh
Asem in, asem uit
Laat toe dat Hy
jou vul met Sy liefde en genees
Voel met elke vesel in jou
Kyk en sien Sy skepping raak
Hoor hoe Hy met jou praat
Asem in Yah
Asem uit Weh
Yah-weh, Yah-weh
God het Lewe in ons geblaas
En met elke asemteug
Is ons onherroeplik aan Hom verbind
Alle regte voorbehou
Geïnspireer deur preek van Ron Martoia - Breath/Wind/Spirit of God by Mosaïek
Kyk die videoclip - God se skeppingswonder... ongelooflik en asemrowend...
Back |