JOIN OUR MAILING LIST



Wêreldwyd het mense getuies geword
van hoe ons wêreld soos ons dit ken
vir altyd verander is… in ‘n oogwink

Swart kolomme rook reik uit na die hemel
Vlamme lek rooiwarm by vensters uit
Offisiële dokumente confetti in die lug

Ons was getuies van ‘n katastrofe
Gesonde verstand wat weier om te glo
Sien is toe níe glo nie!

Dapper helde stap na hul dood
Onbewus dat dit hul laaste dag sou wees
Op, op, op met die trapskagte, op

Mense wat desperaat by vensters uithang
Geen manier hoe hul die hitte en rook kon ontkom
Dan ‘n desperate sprong, nog een

Dit was ‘n Dinsdag, 11 September 2001
Net voor tien die oggend
Toe die eerste toring val

Stilte op die luggolwe...
waar stemme oomblikke gelede nog was
‘n Nagmerrie… maar ons is almal wakker

Alles in ‘n donker, verstikkende stofwolk omhul
Mense harloop in die strate, probeer ontvlug
Almal vaal geverf, een kleur, gelyk

Steeds weier gesonde verstand om te aanvaar
Tog wrede realiteit in die gesig gestaar
Dood en verwoesting

Nog dapper helde stap na hul dood
Logika behoort te voorspel, maar…
daar was altyd nog hoop

Trane van skok en ongeloof
Elders vreugdekrete…
Iemand se pa, ma, broer, suster, kind… dood

Net voor half elf… toe die tweede toring val
Rook, stof en rommel waar die torings voorheen was
Later net helder blou lug…niks

Weereens stap dapper manne voort
Mediese personeel wag tevergeefs
‘n Paar oorlewendes… uiteindelik 2752 dood

Die rippeleffek kring steeds wyer uit
Nou, 8 jaar later voel en sien ons dit nog steeds
Iemand se pa, ma, broer, suster, kind… dood

Alle regte voorbehou

Back