JOIN OUR MAILING LIST


ek is dankbaar
vir jou saamstap
op my Lazarus journey
jy is deur God gekies
om my weer te help vaar
vir my ‘n glas water te tap
help om minder te worry
‘n skild teen ander se sies
jy was altyd net daar

ek is dankbaar
vir elke sagte woord
vir elke herhinner
dat ek spesiaal is
vir die pleister wat jy geplak het
op my seer en dooie plekke
vir die potensiaal wat jy gesien het
vir my drome, party onbekend
waaraan jy so hard help bou het

ek is dankbaar
môre is onbekend
maar deur jou
het die Here weer gewys
hoe lief Hy my het
so, bring môre en elke dag daarna
jy, deel van my pad, dankie
nou het ek weer moed
vir sommer baie goed

Alle regte voorbehou

Back