JOIN OUR MAILING LIST


Vandag het ek so magteloos gevoel
Jou asem en treë is op
En ek kan niks daaromtrent doen nie

Darem nie niks nie
Bid, ek kan darem bid
Vir genade en krag

Weer gedraai op moedverloor se vlaktel
Geen woordjie of drukkie
Om jou beter te laat voel

Gelukkig dien ons die Skepper
Hy hou ons in die palm van Sy hand
Om te dink dat Hy aan ons dink

My hande is afgekap
Lewe gebeur en is partykeer so hard
Niks wat ek sê kan dit verander nie

Liewer dan luister wat God sê
In Hom is ons sterk en tot alles in staat
In al ons benoudhede was Hy benoud

Vandag het ek so magteloos gevoel
Maar Hy is daar getrou
Ek het jou aan Hom opgedra!

Alle regte voorbehou

Back