JOIN OUR MAILING LIST


Jou woorde sny diep
Kerf oop tot op die been
Jy gebruik dit sommer so

Jou woorde assagaai deur my
Dit kwes my hart
Laat wonde wat nie gou sal genees

Waar is my skild?
Weet jy watter letsels jy agterlaat?
Aspris of ondeurdag?
 
Woorde het krag
God het Sy skepping in wording gespreek
Lewe en dood, in die mag van die tong

Verf jy kwistig met �n heuningkwas?
Of steek jy lustig met �n dolk?
Aspris of ondeurdag?

Wees versigtig wat jy sê
Word bewus van die steke wat jy uitdeel
Sit �n wag voor jou mond

Onthou ek en jy is nie dieselfde nie
Elkeen in ons eie reg spesiaal
Ek, jy, Sy skepping

Bou my op
Breek my af
Onthou, woorde het krag!

Alle regte voorbehou

Back