JOIN OUR MAILING LIST


Ekt in een oomblik besef
Om reg te wees
Is nie altyd alles nie

Elkeen se waarheid verskil
Ons kyk almal met ander oë
Elke een voel met sy eie hart

Partykeer is dit beter
Om jou waarheid op die agtergrond te skuif
Jy weet tog en God weet

Gee ander spasie om te wees
Stilbly is ook ‘n antwoord
Moenie dat jou instink om reg te wees oorneem

Deur minder te wees
Kry jy eintlik meer
Plus ‘n bietjie harmonie

Vandag betreë ek ‘n nuwe pad
Om reg te wees is nie altyd alles nie
Jy weet tog en God weet

Alle regte voorbehou

Back