JOIN OUR MAILING LIST

Search    

WANNEER ONS OP GRAFTE DANS


Julle praat van oorlog Is julle van jul sinne beroof? Om dit enigsins te oorweeg! Julle rede: sommer bog! Asof die geskiedenis julle veroorloof Hoe kan dood teen lewe opweeg? Julle vrede se prys is te hoog! Ons moet saamstaan en hande vat

WANNEER ONS OP GRAFTE DANS wat het van ons menswees geword? wanneer ons op grafte dans ‘n teken van die tye vandag vreugdekrete toe jy na die hiernamaals vort ons verlustig, wanneer die lewe uit jou pars sonder dat jy dit sou verwag

die dood is so finaal als onherroeplik verby ek kan jou nie weer kom haal voel amper of dit te maklik is kies dood en maak dood nog ‘n lewe se vlam geblus hoe gaan jy aan? kyk jy ooit terug en onthou? of lewe jy met ontkenning saam?

jul toekoms reeds uitverkoop geruil vir �n paar stukkies silwer lewens is mos deesdae niks werd nie in jul agterplaas die wêreld se skroot het jul Judas een oomblik gehuiwer? gewonder hoekom ander nie die skroot wou hê nie

monumente staan orals om ons skreeu ten hemele Here wat het ons gedoen hartseer uitgekerf om ons verewig in die geskiedenisboeke Judas wie gaan jy volgende soen ‘n nuwe Judas het ons verraai ons toekoms verruil vir geld hoe leef jy

doodgekap doodgesteek doodgeskiet doodgemartel doodgemaak dood, een hartklop te laat hoekom dan nog spartel? sing jou doodslied sodat massas hulle wreek dit was nooit ‘n grap doodgetrap doodversmoor doodgewurg doodgeslaan dood

soos aasvoëls daar om te buit wanneer jy val sal jou nie ophelp pik eers jou linker en dan regteroog uit regte opportuniste sit rond en wag nog een druppel bloed niks is ooit genoeg vertoef dan nog by jou bene hulle sirkel in die lug
Back